Ek het afgetree na 38 jaar in die onderwys op verskillende plekke. Vir die laaste 28 daarvan was ek ‘n skoolhoof. Tydens my aftrede was ek hoof van HS Andrew Rabie in Port Elizabeth.

Ek was voorsitter van die SAOU (Oos Kaap)en het ook gedien op die SAOU se Dagbestuur. Was vanaf 2008 tot 2013 (hoop die feite is korrek!) die Organiseerder van die jaarlikse SAOU Hoofdesimposium wat in PE gehou word.

Die Blog was nou met vakansie vir drie jaar ! Die vakansie is verby en ons gaan nou weer voort ! Ek hoop almal wat dit lees geniet dit steeds. Die Blog bestaan uit twee dele, eers ‘n Skoolstorie, waarmee ek hoop enigeen sal kan identifiseer en dan die tweede deel wat ‘n debat/bespreking is van heersende skoolsake.

Die “Skoolstories” gaan oor my ervaringe en is dus persoonlik, maar ek glo die voorvalle gebeur met almal in die onderwys een-of-ander tyd en daarom (hoop ek) kan almal dit geniet en daarmee vereenselwig.

Met die “Debatte” hoop ek dat dit onderwysers en ouers aan die dink kan sit en daarom tog iets kan beteken.

Strelitz (Streis) Wahl.

November 2018

9 thoughts on “Home

  1. BESLIS INTERESSANT OM DIE MANNE SE STORIES TE LEES. VERLANG TERUG NA DIE GOEIE ONDERWYSDAE. NATUURLIK KAN ONS OOK NIE ALLES VERTEL NIE.

    oP ‘N TYD WAS EK VERANTWOORDELIK VIR DIE AANBIED VAN DIE BUITELUSKOOL TE RHODES IN DIE OOS-KAAP. AL DIE SKOLE , LADY GEREY, ELLIOT, UGIE MCCLEAR, DORDRECHT EN BARKLY-OOS WAS HIERBY BETROKKE. ONS GEWOONTE – DIE MANNE WAT BAIE DORS GEWORD HET SO NA DIE EINDE VAN DIE DAG, IS ‘N DRAAI BY DIE HOTEL – DAAR WAS NET EEN IN RHODES – GAAN MAAK. GELUKKIG WAS DAAR ALTYD DIE PAAR WAT NOOIT DORS GENOEG GEWORD HET NIE EN HET HULLE ‘N OOG OOR DIE BLOETJIES GEHOU.

    DIE INSPEKTEUR HET OOK ALTYD VIR EEN DAG VANAF ALIWAL-NOORD DEURGEKOM EN KOM KYK OF ONS DAREM DIE KLOMP OP DIE REGTE EN SINVOLLE MANIER BESIG HOU. AAN DIE EINDE VANM DIE DAG, EN DIE INSPEKTEUR WAT WEG WAS, WAS DIT TYD VIR ONS OM ONS DORS TE LES. MET DIE INSTAP BY DIE OOG, WIE HANG OOR DIE TOONBANK, DIE INSPEKTEUR. nODELOOS OM TE Sê, HET ONS ONS BAIE GOED GEDRA, NET EEN RONDE GEDRINK EN TOE MAAR ‘N VERBVELIGE AAND SAAM MET DIE KINDERS GENIET. NATUURLIK KON DAAR GEEN HAAN HIERNA KRAAI NIE. KAN OOK NIE AL DIE BETROKKENIS SE NAME HIER NOEM NIE.

    Liked by 1 person

  2. Dankie Streis vir ‘n baie interessante stukkie oor die besoek van die Inspekteur van Onderwys. Ja, daar is baie stories. Ook dieselfde ervarings in my jong dae. Ek was hier in die laat vyftigs ook maar erg op my senuwees en het ook maar die klas mooi netjies gehou en gehoop vir die beste omdat dit my eerste “Inspeksie ” was en ek gladnie geweet het wat om te verwag nie. Toe het ek gelukkig nog nie geweet of gedink dat dieselfde lot of voorreg of geleentheid my sou tref om ook ‘n Superintendent van Onderwys te word so 30 jaar later nie.

    Terloops, mnr Willie Olls was in die sestiger jare tot 1969 my skoolhoof op Tulbagh en op 29 September 1969 was hy en sy vrou by ons aan huis toe die aarbewing ons getref het. Ek was op daardie stadium vise-hoof (Primer) op sy personeel. Hy was vir ons ‘n baie geliefde maar erg gerespekteerde en soms bedonderde skoolhoof. Mens het hom gerespekteer en dinge reg gedoen, nie omdat jy vir hom bang was nie, maar omdat jy hom nie wou teleurstel nie.En as jy drooggemaak het moes jy dit regmaak en dan was dit verby soos in vergewe.

    Ek het hom en sy vrou verlede jaar in die aftreeoord in Kuilsrivier besoek. Sy vrou is drie weke later oorlede. Hy het op 19 Desember verlede jaar 90 geword. Hy het my nie herken nie, maar my onthou. Ons het lekker staaltjies uitgeruil en saam gelag, maar toe ek wegstap was die onthou verby.

    Van inspeksie gepraat. Ek het die voorreg gehad om ongeveer 35 skole in die Noord Kaap in my “omgang” te he en bietjie minder later in die Suid Kaap. Ek skat so ongeveer 500 – 600 onderwysers altesame. (ek mag dalk oordryf). Die verleentheid was dikwels groot as ek gegroet word en ek het nie ‘n idee van waar ek die onderwyser ken nie. Die gesig dalk, maar die naam gladnie.

    Wat die evaluering vir bevordering betref is daar sterk gesteun op die opinie van die skoolhoof. Ek gee toe dat daar kollegas was wat ten alle koste die skoolhoof se opinie verkeerd wou bewys, maar in die meeste gevalle was daar nie ‘n haarklowery nie. Miskien het jou spanning en die afwagting bygedra tot die latere sukses as skoolhoof. Miskien was mnr Olls oortuig van jou moontlikhede as toekomstige skoolhoof en wou hy nie toelaat dat jy vir die onderwys verlore gaan as gevolg van kop eerste of voete eerste nie. Maar mnr Theron kon jou maar gese het voordat hulle motor toe gestap het. Terloops, mnr Olls was ook by geleentheid my Inspekteur toe ek skoolhoof was.

    Dit was goeie jare met baie grappe en baie erns en BAIE stories wat hier in die ou man se kop gebere word. Of dit altyd reg gedoen is, dit weet ek nie. Ek is net dankbaar ek het dit oorleef. Groete.

    Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.